Adele | |
---|---|
Adele in 2009 | |
Agtergrondinligting | |
Geboortenaam | Adele Laurie Blue Adkins |
Gebore | 5 Mei 1988 Tottenham, Londen, Engeland |
Genres | Soul, R&B, jazz |
Beroep(e) | Sangeres-liedjieskryfster |
Jare aktief | 2006 — hede |
Etikette | XL, Columbia |
Webwerf | www |
Adele Laurie Blue Adkins (* 5 Mei 1988 in Tottenham, Noord-Londen, Engeland), beter bekend as slegs Adele, is 'n Engelse sangeres en liedjieskryfster. Haar eerste twee albums, 19 en 21, het groot kommersiële sukses behaal en is ook deur kritici gunstig ontvang. Sy is met 'n aantal Grammys bekroon en het as liedjieskryfster ook 'n Oscar vir Skyfall, die titellied vir die gelyknamige James Bond-rolprent, ingepalm, terwyl haar plateverkope tientalle miljoene wêreldwyd beloop en van haar een van die suksesvolste popsterre van die 21ste eeu gemaak het.
In November 2015 het Adele met haar nuwe enkelsnit Hello en die langspeler 25 weer die topposisies van trefferlyste verower.